Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Respek vir ‘n mede Woester

Een van die Woes skrywers se werkstukke was onaktief gestel deur een van die kategorie redakteurs en die skrywer het navrae daaroor gehad. Ek het wel toe na die werk gaan kyk en volgens die riglyne wat onlangs publiseer is was die werk nie op standaard volgens die riglyne nie.

Ek het dit met die betrokke skrywer bespreek en die foute was raakgesien. Die skrywer het toe besluit om nie net daardie een stuk oor te skryf nie maar sommer ‘n tweede een want hulle glo dit kan beter gedoen word.

Ek het respek vir so ‘n mens. Iemand wat kritiek kan hanteer en dit as ‘n kans sien om te groei in plaas van ‘n probleem wat jou in jou dop laat kruip. Ek wens almal wil kritiek so benader want jy gaan soveel groei as skrywer. Dit is voordelig vir almal. Die webwerf se kwaliteit sal verbeter, meer mense sal dan die webwerf besoek en so kry alle skrywers meer blootstelling. Ons is almal saam in hierdie bootjie, kom ons probeer ten minste saam roei. Kyk altyd waar jy kan verbeter, jy gaan self deure sien oopgaan wat jy nooit gedink het oopgaan kan nie.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/respek-vir-n-mede-woester
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959