Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
RMVO Seminaar
Die Erfenisstigting (ES) is in 2002 gestig om te help omsien na bedreigde erfenisgoedere, veral dié wat van besondere betekenis vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die bevolking is. Daarom is daar besluit om, in oorleg met die Raad van Militêre Veterane (RMVO) op 15 Junie 2007 'n seminaar oor bepaalde militêre veterane-aangeleenthede in die De Kroonkamer op die Voortrekkermonument Erfenisterrein aan te bied.
Die doel van die seminaar is om die belangrikste RSA-organisasies en rolspelers wat by militêre veterane-aangeleenthede betrokke is, bekend te stel, duidelikheid te kry oor wat hulle rol en mandaat is en om gedagtes oor die pad vorentoe te wissel. Dit is ʼn ope seminaar en alle belanghebbende instansies en persone is welkom om dit by te woon. Die taalmedium sal Afrikaans en/of Engels wees, na keuse van die sprekers en deelnemers.
Die program sal om 08:00 begin en verskeie sprekers sal oor 'n wye reeks verwante aangeleenthede praat. Die Wêreld Veterane Federasie en die Raad van Militêre Veterane, verteenwoordig deur lt.genl. Niel Knobel (aft) sal die verrigtinge afskop en ander afsonderlike veterane-organisasies sal daarop volg. 'n Algemene bespreking wat oor verskeie aspekte handel, soos die betrokkenheid van oud-SAW (S Mag)-lede in die militêre veterane opset, wie die militêre veterane in die Mediese Voortsettingsfonds moet verteenwoordig en wie namens die belanghebbende instansies en persone besluite kan neem oor sake soos die name al dan nie, van oud-SAW gestorwenes te Freedom Park, sal gehou word.
Twee afgetrede regters met militêre agtergrond sal as voorsitters by die verskillende sessies optree. Na afloop van die seminaar sal 'n ligte middagete met 'n kontantkroeg aangebied word.
Navrae kan gerig word aan mev Annatjie Erasmus by 012 326 6770 of by ontvangs@voortrekkermon.org.za.
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/rmvo-seminaar
|
Geraldine Paulsen Ek het vir 20 jaar die Warrior koerant vir die swart soldate in die SA Leër behartig. Gedurende hierdie tyd het ek met fliek resensies begin. Deesdae werk ek as media-skakelbeampte by 'n volksikoon.
Ek hou van groot mans, groot perde, groot honde en veghelikopters. Nie noodwendig in dieselfde orde nie. Ek is mal oor lees en het 'n groot versameling boeke oor die Vietnam oorlog wat my om een of ander rede heeltemal fasineer.
Totale stukke publiseer: 264
Totaal kere gelees: 296,194
Totaal kommentaar: 81
|