Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
Snaakse tekens in jou skryfwerk
Partykeer sluip daar snaakse tekens in as jy werk op Woes.co.za publiseer. Dit is moeilik om hierdie probleem hok te slaan en ek sal graag die volgende voorstel wil maak oor hoe om dit te verminder en seker te maak dat jou werk korrek op die webwerf sal vertoon.
Die probleem is dat baie van die formatering van die woordverwerkers na die webwerf oorgetrek word. Webwerwe is nie woordverwerkers nie en sukkel dan om dinge wat kompleks geformateer is te vertoon.
1) Meeste mense gebruik woordverwerkers soos Word ens. As jy skryf in hierdie programme gebruik asseblief Verdana met 'n 10 punt grootte aangesien dit is wat die webwerf ook gebruik. Vermy te alle tye baie snaakse fonts.
2) "Copy en Paste" - Copy en paste eers jou werk vanuit jou woordverwerker na iets soos Notepad. Notepad kan net teks vertoon en kan geen formatering doen nie. So word enige spesiale formatering wat probleme op die webwerf sal veroorsaak weggevat.
Copy en paste dan weer vanaf Notepad na die webwerf. Met ander woorde nadat die teks in Notepad is, "select all" weer al die teks in Notepad en dan copy en paste jy eers weer. Notepad kan op Windows rekenaars gekry word deur te kliek op Start>Programs>Accessories>Notepad
Deur hierdie stappe te volg kan jy seker wees dat jou werk korrek gaan vertoon wanneer jy op Woes.co.za publiseer.
Groete,
Willem Woes
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/snaakse-tekens-in-jou-skryfwerk
|
Willem Woes Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.
Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959
|