Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Speltoets jou werk

Ek lees meer en meer werkstukke raak watse spelling van swak gehalte is. Ek weet ek het al ongelooflike groot spelfoute self gemaak maar ek probeer steeds om dit te vermy. As jou werk spelfoute in het interpreteer die leser dit dat jy geen respek vir hom het nie. Die leser is jou vriend. Sonder lesers is Woes niks, is ‘n dooie plek waar mense se gedagtes en kreatiwiteit lê en vrot.

Hoe sal jy voel as jy by ‘n restaurant kom en die kelner jou aanspreek soos volg: Oezit ooms en tannie. Ons het ‘n lekker plek daars innie hoek by die non twakkers.

Ek sal dadelik daaruit loop en nooit terugkom nie want iemand moet darem die basiese respek toon. Dit is presies hoe jy die leser laat voel as jy snaakse spelfoute probeer maak om uit te staan soos:

Helo – Hallo.
HALLO – Jy skree op mense as jy alles in hoofletters tik
hallo – Hoofletters waar dit moet asseblief
AaN MenSe WaT SoOs eK – Hierdie MOET vermy word soos velkanker, ons is nie verliefde sestienjariges nie.

Jy slaan nie net jou naam met ‘n plank nie maar die webwerf se naam ook. So asseblief neem kennis hiervan en probeer dinge korrek doen soos ons op skool geleer is.

Hier is ‘n paar speltoetsers om te probeer:

WSpel – www.wspel.co.za – Gratis
UP Speltoetser – www.speltoetser.co.za – R285.00

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/speltoets-jou-werk
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959