Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Spesiale afslag op speltoetser

Kry spesiale afslag op een van die beste speltoetsers tans beskikbaar. Hierdie aanbod is eksklusief aan registreerde Woes gebruikers - registrasie is gratis.

Kry ʼn nuwe kliek met die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) van die NWU-Pukke! CTexT bied met trots aan: SkryfGoed 2008 - ʼn versameling skryfhulpmiddels wat die klikklank van Afrikaans op jou sleutelbord klinkklaar sal maak.

SkryfGoed 2008 sluit die volgende in:

1. Afrikaanse Grammatikatoetser: help met die los- en vasskryf van woorde, sinskonstruksie en meer.

2. Afrikaanse Speltoetser: herken nou meer as 430 000 woorde.

3. Afrikaanse Tesourus: kry nuttige voorstelle en alternatiewe vir geykte woorde.

4. Afrikaanse Woordafbreker: baie nuttig vir bladuitleg deur woorde op die regte plekke na die volgende reël af te breek.

Laai Afrikaanse SkryfGoed 2008 af teen R235 – Kliek hier vir inligting en koop skakel
(normale prys vir die virtuele weergawe is R285, spaar R50)

Maak asseblief gebruik van hierdie spesiale aanbod aangesien dit sal help om die kwaliteit van die werk op Woes te verhoog deur te verseker dat jou spelling en grammatika korrek is.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/spesiale-afslag-op-speltoetser
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959