Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Trap vir Bybels

Op 6 en 7 Februarie 2009 gaan daar met fietse gery word vanaf Fochville tot in Bloemfontein om geld in te samel vir Bybels. Dit is 400km in twee dae.

Om deel te wees van hierdie wonderlike toer het ek ten minste R3000 se donasies nodig. Ek is ook opsoek na ‘n R350 borg vir die gastehuis waarin ek oorslaap in Welkom op die aand van 6 Februarie.

Alle gelde wat ingesamel word sal op 7 Februarie aan die Bybelgenootskap oorhandig word. Bybeltrap 2008 het genoeg geld ingesamel vir 12 807 Bybels. Die donasie vorm is as ‘n voorbeeld beskikbaar deur hier te kliek

Die rede hoekom ek die donasie vorm aanheg is omdat alle gelde aan my oorbetaal moet word en dan weer van my aan my streekshoof wat dit dan in Bloemfontein sal oorhandig. Hierdie reëling laat sommige mense ongemaklik voel en dit is hoekom alle kontak nommers beskikbaar is op die vorm indien jy wil bel en seker maak van die feite.

Donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:

Kahuna Mobility Solutions
Standardbank
Potchefstroom
Takkode: 052838
Rekening no: 030543088
Verwysing: Bybeltrap

Stuur 'n epos met die betalingsbewys aan web@woes.co.za assebief sodat ek weet waar ek met die totale bedrag staan. Indien jy kans sien om my gastehuis verblyf te borg gebruik die verwysing "gastehuis" vir daardie betaling.

Julle ondersteuning van hierdie projek word hoog op prys gestel.

Groete,

Willem Woes

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/trap-vir-bybels
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959