Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Verskille tussen kreatiewe mense

Woes is ‘n publieke platform waar jy jou skryfwerk vertoon. Verwag kommentaar en verwag dat dit nie alles na jou smaak sal wees nie. Jy sal nooit in jou lewe almal gelukkig kan hou nie. Ek het op die webwerf mense wat nie saam met my stem nie maar ek sien hulle soos diamante want hulle bring regtig dinge tot my aandag waar ek kan verbeter in meeste gevalle.

So as jy jou goed wil vat en trek Ferreira omdat iemand nie van jou goed hou nie is dit reg met my maar moet nie die platform afbreek omdat jy nie negatiewe kommentare kan sluk nie. Daar is iets positiefs in die negatiefste van dinge in die lewe, dit hang net van jou af hoe jy dit gaan hanteer. So ek vra mooi dat ons moet verstaan dat ons elkeen maar hier is om ons talent en kreatiwiteit uit te leef. As jy die lus kry om iets negatiefs te sê, maak dit so dat die skrywer dit kan gebruik om te verbeter en moet dit nie as ‘n persoonlike aanval loods nie.

Indien jy wel voel dat iemand jou die heeltyd persoonlik aanval in hulle kommentare kan jy dit net tot my aandag bring en ek sal persoonlik intree en die saak ontlont tussen die twee skrywers. Asseblief, ek vra weereens, respek, respek, respek. As jy nie van iemand se werk hou nie, MOET DIT DAN NIE LEES NIE!

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/verskille-tussen-kreatiewe-mense
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959