Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Webwerf aanvalle

Die bediener word gedeel deur verskeie webwerwe en een van die ander webwerwe word al van gister middag aangeval. Dit veroorsaak dat dit soms meer as 10 minute neem vir ‘n bladsy op Woes om te laai.

Dit maak dit baie moeilik om aan die webwerf te werk aangesien jy nooit weet of die webwerf aan of af is nie. Om te help teen die aanval is die funksie wat die totale kere wat jou werk gelees is wys afgeskakel totdat die probleem opgelos is.

Die webwerf is andersins 95% terug soos dit was en al wat nog kort is vir kommentare om outomaties te epos sodra iemand kommentaar lewer. Dit geld vir enige ander eposse wat die webwerf outomaties na jou sal stuur.

Epos tussen skrywer en lesers op die webwerf werk wel, jy moet net tans self gaan kyk of daar epos vir jou is.

Op ‘n ander toon was daar gister wragtig probleme gewees tussen 09:00 en 09:30 toe die webwerf wel af was. ‘n “Switch” wat die netwerk vir die bediener beheer het die gees gegee en moes vervang word. Dit, natuurlik, sal net gebeur die dag wat ek woes oopstel op die nuwe bediener.

Dit klink seker al soos ’n aggesaagde wysie maar ek vra omverskoning vir die ongerief veroorsaak maar dit is omstandighede buite my beheer.

Groete,

Willem Woes
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/webwerf-aanvalle
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959