Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Woes Blog is uiteindelik hier

Nou kan jy ook Blog en foto's laai en nog meer. Woes.co.za het 'n nuweling tot die gesin gevoeg in die vorm van 'n Blog webwerf, www.WoesBlog.com. Die doel van die Blog werf is om die Woes skrywers 'n plek te gee waar hulle hul dag tot dag lewens gebeurtenisse kan pen.

Hierdie tipe inhoud is nogal belangrik vir die Woes skrywers en daar was nie 'n kategorie waar dit geplaas kon word op Woes.co.za nie aangesien Woes.co.za daar is vir skryfwerk en nie dagboeke nie.

Net soos Woes.co.za is WoesBlog.com ook gratis en enige persoon kan daaraan deelneem. Soos die webwerf meer en meer gebruikers kry sal daar meer en meer dienste bygevoeg word om veranderende behoeftes van die gebruikers aan te spreek.

Die volgende dienste is tans beskikbaar:

- Jou eie blog
- Kommentare op Blogs
- Kontak ander Bloggers op die webwerf
- Foto's - laai foto's op onder verskeie kategorieƫ
- Nooi vriende uit om deel te neem
- Meningsopnames
- En nog baie ander dinge om te doen

Een van die dienste wat volgende week geloods sal word is Forums en daar word tans gewerk om mense agtermekaar te kry wat die Forums gaan administrateur.

Indien jy enige voorstelle het oor dienste wat jy graag op WoesBlog.com wil sien kan jy my epos by web@woesblog.com
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/woes-blog-is-uiteindelik-hier
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959