Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
Woes toekennings
Nadat ek weer gekyk het hoe wyd die Woesters versprei lê in die wêreld het ek besluit dat toekennings in die vorm van sertifikate beter sal werk as trofee.
Die toekennings gaan soos volg werk:
• Hierdie week kan nominasies vir elke kategorie ingestuur word.
• Ek gaan dan die top 10 nominasies uit elke kategorie kies. Met ander woorde, die 10 name wat die meeste vir elke kategorie nomineer word.
• Volgende week sal julle aanlyn kan stem vir elke kategorie. Die sisteem laat elke persoon net toe om eenkeer te stem.
• Die week daarna sal die wenners aangekondig word.
• Daar gaan ‘n paar kategorieë wees waar die wenners deur Woes self aangewys gaan word. Dit is kategorieë soos meeste gelees, meeste kommentaar gelewer ens.
Die kategorieë waarop gestem kan word is soos volg:
Woest alleen
Die Woester wat die verste of mees afgeleë van Suid Afrika is wat gereeld ‘n bydrae lewer.
Doring in my vlees
Die skrywer wat tonge die meeste laat klap. Iemand wat regtig dinge onder die Woes skrywers warm maak. Amper soos die neef waarvan die familie nie praat nie maar almal weet van hom.
Uitblinker
Die skrywer met die meeste potensiaal. Iemand wat in jou opinie ‘n goeie kans staan om wel publiseer te word.
Kontroversie
Die skrywers wat die mees kontroversiële werk instuur.
Skaterlag
Die skrywer wat beste humor bydraes lewer.
Sagste hart
Die skrywer wat die beste liefdesgedigte skryf.
Rambo
Die skrywer wat onder baie moeilike omstandighede steeds ‘n gereelde bydrae lewer. ‘n Kort motivering van die situasie moet ook saam ingestuur word.
Kampvegter
‘n Skrywer wat jy van weet wat regtig uit hulle pad gaan om almal van Woes bewus te maak. Iemand wat ‘n Woes T-hemp onder hulle werksklere dra net ingeval daar ‘n letterkundige noodgeval iewers opduik.
Moeder van ‘n duisend
‘n Vroue skrywer wat haarself ontferm oor nuwe skrywers en regtig ander skrywers probeer help om op hulle voete te kom en hulle talent te beoefen.
Vader van vele
‘n Manlike skrywer wat homself ontferm oor nuwe skrywers en regtig ander skrywers probeer help om op hulle voete te kom en hulle talent te beoefen.
As jy iemand wil nomineer, “copy en paste” die kategorieë inligting in ‘n epos en sit jou nominasies by elke kategorie en stuur die epos na web@woes.co.za
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/woes-toekennings-1
|
Willem Woes Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.
Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959
|