Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
Woes trofee
Een van die skrywers op die blad het my genader met die voorstel van ‘n jaarlikse Woes toekennings. Ek dink dit is een wonderlike plan en kan net pret tot gevolg hê.
Aangesien tyd min raak voor die jaar uitloop wil ek graag hê julle moet met voorstelle kom vir kategorieë vir die trofee. Dit kan van ernstig tot absurd wees.
So kan ek dan die nodige dinge in plek stel dat julle kan stem vir die verskillende kategorieë.
Stuur voorstelle na web@woes.co.za
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/woes-trofee
|
Willem Woes Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.
Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959
|