Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

WoesBlog Forums

WoesBlog.com het ook nou forums beskikbaar. Dit is nogal pret en ek het al redelik tyd daar spandeer. Dit is nog jonk en sal groei tot iets groots maar dit wel die moeite werd om te gaan inloer.

Die forums word bestuur deur OscarWillebeest en Tirbalmoon tree op as ‘n moderator op die forums. Ek wil dankie sê aan die twee skrywers dat hulle aangebied het om te help met hierdie nuwe diens op Woesblog.com.

Besoek die WoesBlog forums nou: http://www.woesblog.com/forum/index.php

Jy moet regsitreer wees op WoesBlog om deel te wees van die forums maar gelukkig is registrasie geheel en al gratis op WoesBlog, net soos met Woes.co.za

Groete,

Willem Woes
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/woesblog-forums
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,891
Totaal kommentaar: 959