Titel: 1. Ma sou nier skenk vir Martin
Weergawe: 1
Aantal woorde: 119
Kere gelees: 421
Datum gepubliseer: 22 Jan 2009
16 Februarie 2005
Vyf maande is verstreke
Lupus wys geen streke
Dankie Vader vir die wete
U maak dit beter.
Lupus die wolf
Kan Martin nie keer
Martin ry op die golf
En presteer tot u lof.
O grote Vader
U is my berader
Voor my toetse begin,
Het ek U genader.
In U hande laat ek alles Heer,
U weet soveel meer.
Ek is wat ek is,
‘n ma soos U beslis.
Angstig met groot oë, liewe Heer,
Kyk en luister Martin weer en weer.
Ma se nier het die vermoë
Om klaar te speel met sy misnoë
Vergewe my hemelse Vader,
Vandag was ‘n groot flater.
Suster se spook
Slegs aangaan met toetse
As ek ophou rook!!!!
Lees ander gedigte deur Alta Taylor
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.