Titel: Slapende Skoonheid
Weergawe: 1
Aantal woorde: 95
Kere gelees: 53
Datum gepubliseer: 15 Aug 2011
die garcia pas
kronkel om haar lyf
silhoeët ragfyn
haar buitelyn
wimpers fladder
sonskyn oor haar lippige mond
klipborste oop en bloot
hande saamgevou
bewaker van die klein-karoo
deur nag
wind
reën
tussen skeur en skalie
asem sy die warm bergwind
rotse vol splinterheerlikheid
teen die kliprose tik haar hart
met wisseling van seisoen
snoesig winter weelde
bedek met sneeukombers
tussen skeur en skalie
asem sy ysig koud
grotte wat as herberg dien
skatte vir die wat kan sien
waterval minnaars beur teen haar op
onnutsige skoonheid in fynbos rokontploffing skop sy op
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur adnama
Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.
Jy het uitgehaal!