Gedigte

Titel: kilimanjaro

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met ketting en boei
geslot
gehalter
tot ewige lot -
slawehandel

tree vir tree
moeitevol
sleepend
word die las gedra -
brandmerk van slaaf

van voet na kruin
vertel jy
van lot, van kruis
van swaar, van hoop

lug dun, suurstof min
stap ons, deel ons
die pad van hoop
die pad na die kruis
die pad na vryheid
die protes teen slawehandel 


('n Groep vroue van regoor die wêreld gaan in Januarie 2012 die berg Kilimanjaro klim. Die doelwit is om groter bewustheid van slawerny en mensehandel te bring en om fondse in te samel vir voorkomings-, bevrydings-, rehabilitasie-, en ontwikkelingsprojekte wêreldwyd)



Kommentaar

Kilimanjaro!!
Baie goed gedoen! Hoop daai vrouens weet hoe hoog kilimanjaro is!
6 maande 5 dae 17 ure 48 minute oud


Slawe
Duidelike goeie skryf werk hierdie! Slawe handel is nog lewend in hierdie tyd, Bravo vir daai vrouens!
6 maande 1 week 9 ure 6 minute oud


kilimanjaro
En ek hou van jou bewusmakingsveldtog hier op Woes
6 maande 1 week 5 dae 6 ure 46 minute oud


Agtergrond van gedig
'n Groep vroue van regoor die wêreld gaan in Januarie 2012 die berg Kilimanjaro klim. Die doelwit is om groter bewusthaid van slawerny en mensehandel te bring en om fondse in te samel vir voorkomings-, bevrydings-, rehabilitasie- en ontwikkelingsprojekte wêreldwyd.

Vir een of ander rede vertoon dit nie op die gedig nadat dit gewysig is nie.
6 maande 1 week 6 dae 20 ure 50 minute oud


slaaf
Van die diepste swaarkry tot die gevoel van nog hoop.
Mooi Barend, kragtige werk
6 maande 2 weke 8 ure 6 minute oud


hi
Ek hou van di gedig
6 maande 2 weke 1 dag 3 ure 52 minute oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan...
goed geskryf.
goeie sosiale kommentaar.....
ek sou iewers 'slawe-drywer' ingebring het....
(net vir interesantheid: natuurlik is dit n werk vir die mense....word hulle betaal om slawe te wees en onderhou dit waarskynlik n extended familie.......)
6 maande 2 weke 1 dag 4 ure 47 minute oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar