Gedigte

Titel: Slaggate
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die wiele van die lewe tref die harde kante
wat die siel laat kantel en die ongerief klap
die hart wat ’n merk en nare gevoel
op die krop van die maag met ’n vrees gevoel los.

Met 'n snik van ’n asem is die rit weer glad
en die pad vorentoe verblind jou soos die son
op die natgereënde weë in die duisternis glinster.

Verblindend is dit al jou trane wat daar vloei.
Die lot wat jou deur die wurmgat druk en
jou wurg dat jou bloed vir ’n oomblik stol.

Onvoorspelbaar hoe lank die oomblik kan duur,
met tyd wat geen rigting kan kies.
Verbeelding neem oor en ’n nagmerrie ontaard,
met benoudheid en angs wat tot hoogtepunt kom.

Die verlede is weg en die toekoms kom nooit.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar