Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op jou lê daar baie sneeu,
die Wit Berg is jou naam van tyd.  

Soms ook die Huis van God benoem,
tog as ek so vir jou kyk,  lyk jy verlore en alleen.  

Jou kroon geknak, gebuig, gebreek,
maar dit maak jou nog mooier nie?  

Hoe warm word jou hart ook nie, as iewers daar
’n voël hoog vlieg en jou bedekte blad aanskou?  

Jy’s groot en hoog en berg alleen. ’n Hartklop in jou wese jaag
die mensdom aan om ook net deel van jou te wees.

 
Wolke spierwit, snoesig, sag
bewaar jou skoonheid en jou trots.  

’n Voël van staal sal jou vir my die toekoms wys en saam sal ons
die oomblik kan behou, wetend wel ’n dag wat jou met my in tyd verbind.   



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Berge
Dankie Lena vir jou pragtige kommentaar, hulle is pragtige gedaantes.

Iemand het vir my die foto gestuur en ek moes ner oor hom skryf :)

Het jy gedig oor die Himalayas gelees?

Groete

Gabriele
6 jaar 8 maande 3 dae 23 ure oud


berge
BERGE het een mistieke aantrekkingskrag vir my as verganklik mens! Met die Everest-seisoen kort agter ons raak die gedig my nou direk aan en VERLANG ek na ons Drakensberg, die enigste een op wie se hoogste punt ek nog kon staan (in APRIL 1979). Dankie...
6 jaar 8 maande 3 dae 23 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar