Gedigte

Titel: EM
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou hare is ‘n wasige vlas

Wat soos ‘n wolkie by jou wit vel pas.

Deur jou oë kan ek na binne kyk

Hoe jy selfs daar ook pragtig lyk.



Jou lippe is so soenbaar, vol,

Dat dit ‘n mens se bloed laat stol.

Blinkrooi soos sonsondergang

Wat miljoene mense se oë vang.



Jou slanke nek, so glad en sag

Lyk of dit vir ‘n streelsoen wag

Wat miskien sal afgly na jou hals.

Stop my! Wat verklap ek als?



Soos groen berge langs ‘n woestyn

Sien ek dan jou borste dein.

So perfek, so rond, so sag, so glad,

As my oë daaraan vat.



As jy kon weet hoe graag ek wou

My hande om jou ribbes vou

Sou jy self ook kon sien dat

Hul byna rondom jou kan vat.



Jy is so broos, so klein en fyn,

So vol van liefde lag en pyn

Dat ek soms, soos byvoorbeeld nou,

Jou beskermend styf teen my wil hou.



Jy, my ponie, so reg, so kort,

Maak dat ek my hart uitstort.

Verskoon my as ek stuitig raak,

My bors oopskeur en my hart oopmaak.



Lees dit, lag dan as jy wil.

Gooi dit dan weg, maar bly tog stil

Oor alles wat jy weet van my.

Dis iets wat ek uit my moes kry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

EM
wat n pragtige manier om jou liefde te besing.. absoluut treffend gepen
5 jaar 6 maande 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar