Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek weet nou waar kom die lelik in my vandaan ,
die jare se seer waar n hart moes wees :
elke druppel sig was n traan ,
die mooi het deur die swere uit gegaan
en my gewete moes in die wonde wees ,
maar ek het die letsels gevrees .

Jou liggaam moes die salf wees ,
net jy sou my genees .
Maar moet dit nie heling noem nie ,
want ek het nooit ‘ dis nie meer seer ’ gesê nie
moet dit ook nie tot die verlede verdoem nie ,
want die tyd het nooit met my gaan lê nie

Ek weet nou die koue waarvoor ek so lief is
was die skim wat jy gehaat het .
My ruimtes waarin ek jou so mis
was plekke waaruit jy jouself moes red
Maar moet dit nie verby noem nie
Want ek kon nooit afskeid hê nie


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek weet nou
Diepseer en pragig gepen, ek kan egter net jou eerste 2 inskrywings vir die projek gebruik aangesien die opdrag duidelik aandui dat slegs 2 inskrywings per afdeling aanvaar word
4 jaar 10 maande 3 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar