Titel: 16 Desember 1838
Weergawe: 1
Aantal woorde: 183
Kere gelees: 61
Datum gepubliseer: 28 Nov 2011
Met 64 waens stewig aan mekaar vasgemaak,
was Pretorius en die manna gereed vir die taak.
‘n Emorme donga en ‘n diep seekoeigat,
was vir Dingaan se strategie, die Bloedrivier lat!
Dingaan en sy onoorwonne impi’s het neerlaag nie geken,
en die God van die voortrekkers, wou hulle probeer wen.
Vir die 7de op een volgende dag is die gelofte opgesê.
Net die voortrekkers en Isrealiete het ‘n verbond afgelê.
Na ‘n maanlose en onrustige nag,
het digte mis die nuwe dag in gewag.
Met slegs 40-treë tussen die spies en die roer,
was die kanse nie baie goed vir die boer.
Duisende Zoeloes het tot die aanval oorgegaan
en ‘n raaserige wilde geveg het daar ontstaan.
Wa-seile is met assegaaie en spiese deurboor,
maar die oormag Zoeloes was aan die verloor...
Die laer van die boere het die Zoeloes gefrustreer.
Groot was hul verliese en Dingaan was geirriteerd.
Dingaan se strategie was op eenheid gebou.
Pretorius gee die massa Zoeloes nog ‘n lelike knou.
Die trekkers stormloop tot binne die impi-mag
diè spat uit mekaar nog voor die nag....
Sharlom
A3
24 November 2011
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte
