Gedigte

Titel: 60
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek voel soms nog so bitter jonk
as ek toegedraai en soetwyndronk
wag om te gaan lê.
Maar koue spiere, geite en giere
sal my van ouderdom kom sê.
Dan sleep ek my bed toe met die gedagte
en verlange na destyds se jongmensverwagte
en destyds en nou se slapelose nagte.

En as ek tweeuur op moet staan
Is dit nie om soos destyds huis toe te gaan
na ‘n laatnag se vry, kuier, fuif en pret,
Nee! Nou gaan besoek ek net snags die toilet.
Dan val ek weer koud neer op my koue bed
en die worshond se hitte is al wat ek het.

Soggens kan ek nie kniel om gebedjie te sê,
my oë bly sommer toe net daar waar ek lê.
Selfs lê maak deesdae my ou lyf seer
En as ek my van die bed losskeur
Moet ek eers ‘n tydjie doodstil staan
Dat my wese kan agterkom wat aangaan
En my organe hulself reg sorteer.


Maar soms krul ‘n glimlag op my gesig
As ek dinge onthou van jare terug.
Dan spring ek en hardloop in my gedagte
En vind en herwin ek al my kragte.
Dan weet ek ek lewe solank ek kan herlewe
hoe opgewondenheid my anders as nou kon laat bewe.
Dan sal ek onwillekeurig dink
Hoe pragtig jy is, hoe jou oë blink.

My oë is te swak om goed te kan kyk,
Maar nou kan ek sien hoe mens binne lyk.
Ek het niks verloor nie, ek het geruil.
Ek kan mense verstaan, ek kan troos, ek kan huil.
Ek was selfsugtig, astrant en ‘n kind.
Nou kan ek deel. Ek het als ondervind.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

60
Ek is nog in die fleur van my ouderdom.
4 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 12 ure oud


60
Hier is 'n paar dinge wat bekend klink. Jou laaste strofe is puik.
4 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


60
Hier is 'n hele paar wat hul kan vereenselwig met hierdie bydrae. Pragtig gepen en hou van jou rymskema.
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud


60
Baie mooi. Die laaste strofe borrel oor van wysheid :-)
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


60
Ja oud word is nie vir sussies nie.. pragtige gedig!
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar