Gedigte

Titel: Haal asem
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Vlammetjie flikker moedig in die verte
Maar hier waar ek sit
Voel ek gevoelloos, geen emosie meer
Moegheid het my van my emosie geskei

Ek is moeg gesoek na geluk
Julle kan dit maar druk
Dit breek net my hart
Stuk vir stuk

Staan op, haal asem
Versorg jou kinders, haal asem

Staan op, haal asem
Gaan doen jou werk, haal asem

Staan op, haal asem
Betaal skuld, tot jou laaste asem

‘n Kooltjie brand in die verte
dowwer en dowwer
haal asem
jou tyd is min

Langs gebluste kampvuur
Met jou laaste asem
Sien my raak
Ek wil die hitte van jou liefde smaak



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar