Titel: 2009 en Ek…..Blitsbesluit!
Weergawe: 1
Aantal woorde: 172
Kere gelees: 60
Datum gepubliseer: 02 Jan 2010
Toe ek in Januarie 2009 hier arriveer,
wis ek min van Gauteng, en wat hier gebeur.
My Uno, helder songeel,
word dieselfde maand nog gesteel.
Ek’s terug Karoo toe, sommer die bus gehaal,
om ou Krappie, my bakkie, te gaan haal.
In April besef ek die plek is regtig sleg,
want toe is arme ou Krappie ook weg!
So deur die tranevloede,
hoop ek toe maar alles werk ten geode.
Ek koop ʼn Fordjie, …..met ʼn alarm in,
want dit maak toe nogal sin.
Maar nognie heeltemal tevrede,
kry ek toe maar ʼn rede …..,
om ʼn tweede alarm in te sit,
Anti-hijack, tracker en als dit.
Maar nog steeds ontnugter,
hoop ek Gauteng het nou als gevat wat hy wou hê,
want vir my is al wat oorbly… om totsiens te sê.
Januarie 2010 sal my ook langs die Grootrivier kry,
want my hart kon ek tog nooit hiér kry.
Hy klou hartnekkig vas,
aan alles wat was.
Nou gaan ek en die Fordjie, ….alarm en al,
terug na die huisie …. op die Oranjerivier se wal!
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

(Mamamud, as daar nog niks van jou gesteel is nie, is jy nog nie welkom geheet in Gauteng nie!)
Geniet dit met 'n groot G!!!