Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dit is op dae soos hierdie
wat ’n melodie uit Swede my
melancholie vir iets groter
aan die hemele
offer

die lugruim word
in sy absoluteit deur
hoogswanger stiltes
oorweldig
planete gaan op ’n kruistog
en die son vlug
na ’n hoogs geheime slaapplek
ver anderkant Pluto se
angswekkende dieptes

die maan weef my verstand toe
in ’n kokon van
bomenslike beswyming

as die dood so bittersoet is
vra ek tog mooi, Here God,
neem my weg




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

neem my weg
Ek is so pas weggeneem. Uitsekend en sterrestelselmagties geskryf
4 jaar 10 maande 14 ure oud


21 Maart 2015
Puik gepen Tertius, ja somtyds vra elkeen van ons soos in jou slotvers... maar elkeen van ons het n doel en werk om te voltooi (al verstaan ons nie)
4 jaar 10 maande 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar