Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Grys is nie 'n kleur nie,
dis 'n toestand en 'n plek.
Dis wisselende kolle wit en swart,
saamgedruk tot 'n kamma-neutrale vlek.
Grys is nie juis wys nie,
dis miswolke op 'n krans,
dis 'n staaldraad tussen ysterpale gespan,
dis 'n brein se denkstof sonder hart.
Grys is nostalgies,
dit laat my loop in natgedoude gras,
na waar koedoes in spekboom wei,
waar hul wegkruip in klowe
tussen nieshout, pruim en doring
met ligene op die bas.

Grys is ligstrepe op donker flanke,
swart horings geskroef teen groen.
Grys is 'n skaakbord geskommel,
'n vlietende visioen in 'n dowwe seisoen.

Ek meet die grys in greine af,
dit val in korrels in die pan,
ek weeg dit en ek bêre dit
in koper om dit vas te hou.

Ek druk die prop nou stewig op,
ek plaas dit mooi sekuur.
Die grys is chemie op die fisika se pad.
Vlam op die gat gee grys sy blaas,
om die koeël na die middel te laat haas.

Grys is blykbaar tóg 'n plek...
Dis iewers binne-in my brein,
dis rustig daar,
dis goed van bloed voorsien,
maar dit is glo nie rooi nie,
dit is wit en swart,
geblok,
afwisselend,
gemeng...

Dis soos 'n skaakbord,
(maar van vêr af,)
dan te wit,
dan te swart.
Dis sit en wonder,
lê en dink,
dis staan en loop en val gelyk.
Dis alles vir almal,
dis niks vir niemand,
dis ambivalant,
kamma elegant,
dis die kleur van 'n lafaard,
die kamoflering van 'n jagter in die skadu.
Dit is buk en bekruip,
dis soek na 'n plan,
dis ewige rede,
dis niks sonder vlam.
Rooi is anders...
Dis grys korrels met 'n vlam!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

grys
Wow wow wow!!
Absoluut puik!
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


Skakering
En dan ook heel 'n ander skakering van jou wat jy uit die verborgenheid optower.
Klaar gepraat!
3 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


Ano
Grys
Mooi!
3 jaar 8 maande 1 week 2 dae 18 ure oud


die weervoorspelling
as jy so briljante vers oor grys kan dig...imagine wat jy met geel kan doen.

genius.
groots.

ek's jaloers.

**************
3 jaar 8 maande 1 week 2 dae 18 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar