Gedigte

Titel: 2de Januarie

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


My sel se alarm gaan genadeloos af -
Wat, waar, hoekom is jy so laf?
Watter dag is dit nou weer?
’n Moedelose sug kan ek nie keer!

Nou eers vyfuur, ek wil nog slaap -
Strompel uit die bed so gaap-gaap.
Voel-voel vind ek krane van die stort -
’n Koue straal water, dis wat ek kort!

Toutjies hare en ’n bleek gesig,
Weerkaats vanuit my spieël terug.
Dankie vir poeier, ‘paint’ en ‘styling mousse’,
Daarsonder lyk die ou ‘lady’ alte kroes!

Sowaar al die 2de Januarie vandag!
Gee my tog die nodige krag,
Om die nuwe jaar weer aan te pak,
Met moed en ywer en sonder k..!



Kommentaar

hello
jy beskryf die werklikheid, en die jare kom steeds vinniger op mekaar, was weer fantasties soos net jy dit kan stel drabmol
3 jaar 6 maande 1 week 4 dae 20 ure 10 minute oud


lekker lag ek nou vir die, dis al februarie vir my en ek voel nog soos jou 2e januarie...lekker laf geskryf maar aai my lyf is stuck in desember
4 jaar 3 maande 5 dae 4 ure 48 minute oud


2de Januarie
Ja-nee. Ek's so bly om te sien dis nie net ek wat so voel nie. Ek geniet jou werk... hou so aan!
5 jaar 4 maande 6 dae 2 ure 25 minute oud


Hi vriendin
So bly om weer werk uit jou tikvinger te lese te kry.
Ons het jou gemis
Wag nou vir jou bydrae daar by die Cafe....
Ek dink hoeka jy roosmaryn se kind wees
5 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 20 ure 44 minute oud



Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar