Gedigte

Titel: 3 maal

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So baie deure. Watter een hou die antwoord?
Dit is moeilik om my eie rigting te bepaal
Maar hoekom?
Wat kan dit vir my se?

Die eerste deur sal help.
Dit hou my verlede , elke ding wat ek was en gedoen het
Dit hou die donker van wat ek was
Ek slaan die deur toe

Tweede deur,
Ek sien my spieelbeeld, die een wat ek is en wat ek doen
Die lewe lyk anders as wat dit was sonder die rooskleurigheid.
Ek is op my eie en doen als vir myself.
Ek draai weg en die deur maak toe

Derde deur.
My toekoms als wat gaan wees en wat altyd daar geen wees
Gee nie om wat gebeur dit sal so wees
Ek sien baie dinge , hoe ek oud word en die dag hoe ek sterf.
Alhoewel ek my lewe gedeel het het ek allen op my einde geval
Dit is deur die lewe wat ek geleer het. Jy kom alleen daarin en gaan alleen daar uit



Kommentaar

3 x
jy verwoord jou eensaamheid pragtig.
so sit ons almal met gister se bagasie
en klou daaraan vas en kan dit net nie los nie.
welkom by die stryd
3 jaar 3 maande 4 weke 10 ure 22 minute oud


Vrees
Jy is bang om alleen oud te word!!!!!!
3 jaar 7 maande 4 dae 19 ure 55 minute oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar