Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Nóg ‘n keer bloed trek,
nóg ‘n keer ry ek en jy verby
tolhek en trokke
met hoop in ons hart oor heuwels en hobbels
tot daar waar die pad regs uitswaai en ons
in helder somerson parkeer voor ONKOLOGIE
(spierwit op blou geverf) -
vandag word longe en brein skandeer
vandag sal ons wéét



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

8 Desember
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
2 jaar 1 maand 2 dae 15 ure oud


8 Desember 2014
Die sterk kontras in hierdie reël - "in helder somerson parkeer voor ONKOLOGIE" - is treffend!

(Lekker om jou naam weer op my skermpie te sien!)
2 jaar 1 maand 1 week 23 ure oud


Z
Die onsekerheid maak van die korste pad 'n ewige reis. Goed geskryf.
2 jaar 1 maand 1 week 1 dag 13 ure oud


8 Des
En ek die vrees wat swaar op die hart kom le.
2 jaar 1 maand 1 week 2 dae 22 ure oud


die weervoorspelling
ominious
2 jaar 1 maand 1 week 2 dae 22 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar