Titel: Aan my eerste beminde
Weergawe: 1
Aantal woorde: 166
Kere gelees: 40
Datum gepubliseer: 06 Feb 2012
(na Ernest Dowson)
Die voel soos gister maar is baie jare terug
toe jy vir my lief was;
jou glimlag, jou lippe, jou kreune en beloftes
het my hart gevul;
neergewerpte rose, angeliere en lelies
het saam met trane gestort
toe al my beloftes suiwer en waar was,
op ‘n manier is ek steeds getrou aan jou.
Ek het ander lokkende lippe in passie gesoen,
jou geen skade toegewens
toe jy my verlaat het vir ‘n ander minnaar;
in tere bedrewenheid
het ek jou verrukking probeer besweer;
sal moontlik ewiglik
gevoelens hê wat my nie toekom nie,
op ‘n manier is ek steeds getrou aan jou.
Vir my was jou liefde so onbestendig soos die wind,
ons jeug is weg
en nog steeds wens ek jou net geluk toe,
nou heeltemal alleen
het liefde jou verlaat vir enige ander mans,
ek het iemand
jonk en lieflik wat uit die bloute verskyn het,
op ‘n manier is ek steeds getrou aan jou.
[Verwysing: “Cynara” deur Ernest Dowson.]
Lees ander gedigte deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Johann P. Boshoff
"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog