Titel: Aan my liefste mamma
Weergawe: 1
Aantal woorde: 192
Kere gelees: 1205
Datum gepubliseer: 28 Aug 2008
Dankie Jesus vir hierdie WONDERMENS
wat al my seer saamdra in haar spens.
Altyd daar om te luister,
al wil ek net vinnig iets in haar oor fluister.
Baie hartseer ken sy, hierdie lieflike mams van my
Tot laat ini nag kan ons twee saam lag.
Dis so lekker om alles met haar te deel,
al vra ek net die gram van 'n koppie meel.
Altyd was sy nog daar
en ek is so dankbaar dat Jesus haar vir ons spaar,
asseblief Jesus ... nog vir 'n HELE klomp jaar!
Baie geluk gun ek haar saam met ons en ons lieflike nuwe Pa
Mamma, mag die toekoms blom soos die blomme in mams se tuin,
waarvoor mamma altyd 'n tydjie inruim.
Met mooi woorde en altyd die minste,
is mams se raad altyd die slimste.
Liewe Jesus, BAIE DANKIE vir my moeder en maat
en nogmaals dankie dat U haar nog spaar...
Met al die liefde uit my hart
is mamma my gunsteling 'part'!!
Mag meer geluk in mams se rigting draai,
sodat mamma altyd kan aanhou met liefde saai.
Dis al vir nou my moeder-mater,
ek sal nog woorde spaar vir later.
Lees ander gedigte deur 'Early Bird'
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.
Mooi gediggie met immer groen boodskap van liefde.