Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek wens ek kon jou hart vir jou abba wanneer dit te swaar word om te dra,

wens ek het die wysheid van Salomo as jy vra,

wens ek het meer geluister na jou roepe vir genae,

kompasloos in jou soeke na behae.


Ek is hier as jou storm woed op die lewens see,

ek is hier om die seile te span wanneer die Skepper rigting gee,

ek is hier om die lighuis se lig aan te steek,

voor jou skip op die rotse breek.


Al is jou smart hoe diep, hoe seer ....

jou pyn, jou huil kan ek nie keer,

ek is hier om jou traan af te vee,

al wat ek het is om my liefde te gee.


Ek is hier om te luister na gister se onthou,

nou ʼn mistigheid wat jou omvou,

ʼn verdwaalde skip op môre se wou

jy alleen wonder wat nou?


Ek wil graag jou lag, jou stilte deel,

wil so graag jou wonde heel,

kom ons maak tyd, maak plek

vir jou gemoed wat kommer wek.






Cornien



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mens kan jou liefde vir jou suster ( en ma in die ander een) baie duidelik aanvoel. Welkom op woes en ons kyk uit na vele meer uit jou skrywerspen.
Groete. A
10 jaar 11 maande 1 dag 18 ure oud


Aan my Ousus
Baie mooi geskryf met ondersteunende bystand vir familie. Ek hou sommer baie van hierdie een.
10 jaar 11 maande 6 dae 13 ure oud


aan
die is werklik pragtige woorde..m
10 jaar 11 maande 1 week 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar