Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Boeke is nie mense nie.
Hulle staan daar in die ry;
as ek sê: praat met my
wil hulle my nie vermaak nie.

Ek is uitgekuier met die spul
wat hulle rugkant op my draai,
ek blaai en blaai en lees 'n sin
maar hulle bind my nie.

Boeke het nie hare nie.
Hulle het nie eers blare wat
oor hulle oë kan waai
of takke wat dit wegvee nie.

Goeie geselskap is hulle nie.
Fluister nie oor mense
wat oor die heining kuier nie
en vra nooit suiker by die bure nie.

Boeke het nie bene nie,
lag nie vir my grappies nie.
Geen boek wat ek ontmoet
luister met 'n glimlag nie.

Hulle lewe nie ons lewe,
hulle sit geduldig op die rak
en wag vir kere wanneer ek
nie langs jou op die bankie sit nie.

Praat met my.
Moet my nie verruil, verslaafde,
vir woorde wyser as die gaafste
man wat vir jou aandag vry

en maak of hy van boeke hou nie.

Sit dit vir 'n oomblik neer
en blaai jou oë na my.
Kyk: boeke bring
nie blomme nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

aHa
Puik, slimkind !
7 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


As ek nou reg verstaan...
maak jy ogies vir 'n boekwurm in die biblioteek deur voor te gee jy's ook een? Nee man, gaan koop die blomme en kry klaar!
7 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


die weervoorspelling
en ten spyte van dit alles,bring boeke steeds ure se vreugde,,berge se kennis....en kan mens in hulle verdwaal....
7 jaar 5 maande 4 weke oud


Seksie 1
Daar staan ook baie tussen hierdie lyne geskryf. Puik!
7 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Boeke
Jy verwag effens baie van boek =)...goed gedoen.
7 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Boeke
Goed geskryf tog wil ek van jou verskil-- Boeke is soms my beste vriend.
7 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


boeke
Baie waar en baie oulik!!!
7 jaar 6 maande 7 ure oud


Boeke
Goeie woordespel
7 jaar 6 maande 19 ure oud


Sjoe...
jy mag maar!
7 jaar 6 maande 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar