Gedigte

Titel: AANDBLOM

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom hang jou jas
aan die sekelmaan,
teen die helfte van half
aan my kwart bestaan,
waar die aandblom
leef in dissel-strik,
weerloos wagtend
op ‘n blinde prik!

Skink dan vir my
‘n kommetjie lig,
dat die sekel kan groei
na ‘n vol gesig,

want ek het geglo
die maan is van kaas
maar nes ek wou proe
is’ie kers uitgeblaas!

Bring tog vir my
die aandster aan,
da’ ek ka loop soek
na my heelgesig maan!

Saam kan ons
die sterre skyn koop,
en so die aandblom
in poeier gloed doop,
want in sirkel-siklus
sonder end,
kan net jy,
die blink in duister prent!



Kommentaar

aandblom
dis so fantastiies mooi dankie
2 jaar 8 maande 1 week 18 ure 56 minute oud


Aandblom
Div,

Dit is ongelooflik mooi, sit nou hier in Engeland oppad van USA huistoe wat Namibie is, en hoe mooi is ons taal en hoe wonderlik gebruik jy dit nie.

Groete

Marsofine
3 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 22 ure 48 minute oud


Natuurlik weet jy dat ek 'n nuweling by woes is. Ek navigeer nog my weg versigtig deur al die titels en skerms en blaaie. So hier en daar lees ek ietsie en voel meesal dis ver bokant my vuurmaak plek, want ek verstaan nie! Toevallig kliek ek hier en siedaar: Ek verstaan! Ek weet presies wat jy in daardie klompie woorde vertel. Jy vertel vir my 'n storie in 'n paar sinsnedes. Ek kan in vyf ses blaai verder niks duideliker stel nie. Mooi!
N/s: Afrikaans bly maar mooi, is dit nie?
3 jaar 4 maande 2 weke 23 ure 26 minute oud


Weet jy ek kom nou eers hier aan. Ek moet my komplimente byvoeg: dit is een ongelooflike mooi, lekker lees, fantastiese meesterlike gedig. Hy is beslis 'n gunsteling.
3 jaar 7 maande 5 dae 1 uur 36 minute oud


Aandblom
Dis te mooi vir woorde,mens wil dit net oor en oor lees.
Pragtig!
3 jaar 9 maande 4 dae 5 ure 43 minute oud


sjoe!!!!!
mag dit my nuutste gunsteling wees?
3 jaar 10 maande 2 weke 19 ure 31 minute oud


Wat sê mens as jy voor 'n meesterstuk te staan kom? Woorde ontbreek om gepaste kommentaar te lewer.
3 jaar 10 maande 2 weke 23 ure 19 minute oud


Aandblom
Div, hierdie gedig bly een van my gunsteling gedigte, ek hoop nie jy gee om as ek dit ook merk op my blad as 'n gunsteling gedig nie. Jy het lanklaas geskryf, ons kyk uit vir nog so 'n pragtige treffer.
3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 21 ure 8 minute oud


Wow!
Asemsnak fantasties ongelooflik!!!!!
3 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 1 uur 25 minute oud


Aandblom
"skink dan vir my 'n kommetjie lig..."
Dis een van daai beelde wat my na 'n ander wêreld wegvoer, en dan moet ek weer van voor af begin lees...
4 jaar 3 weke 6 dae 14 ure 28 minute oud


Aandblom
Div, ek het nou heel toevallig hier uitgekom en dis die heel eerste gedig van jou wat gelees het. Ek is regtig beindruk met jou talent en gaan beslis weer hier besoek aflê.
4 jaar 2 maande 1 week 7 ure 58 minute oud


Aandblom
Ek is bietjie jaloers dat ek nie ook so 'n mooi gedig kon verf nie. Mooi so Div.
4 jaar 6 maande 19 ure 19 minute oud


Baie mooi geskryf met diep betekenis en mooi vergelykings en uitbeeldings, die een is 'n wenner.
4 jaar 7 maande 1 week 6 dae 20 ure 7 minute oud


AANDBLOM
Sjoe! Wat 'n besonderse gedig! Ek is mal oor jou beeldspraak en jy laat dit so maklik lyk. Geluk met 'n puik gedig!
4 jaar 7 maande 2 weke 19 ure 33 minute oud


Div se aandblom
jy't 'n verruklik mooi manier van woorde bymekaarsit, ek hoop jy weet en glo dit ook?
vat bv.:
"Skink dan vir my ‘n kommetjie lig,
dat die sekel kan groei tot ‘n vol gesig,"
is onverbeterlik, in my oë, in elk geval ;)
En jy't 'n manier om die rym te laat werk dat dit hoegenaamd nie gedwonge voel.
Baie geslaagde stukkie werk, sou ek dink.
4 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 5 ure 43 minute oud


aandblom
hierdie gedig is vir my sonder tierlantyntjies en die eenvoud van die taal en skryf van die gedig maak dit vir my besonders!
"Kom hang jou jas
aan die sekelmaan,
teen die helfte van half
aan my kwart bestaan,
waar die aandblom
leef in dissel-strik,
weerloos wagtend
op ‘n blinde prik!"
... is vir my wonderlik geskryf, dit trek die leser in hierdie droom in en hou ons gevange ...

Hier word gesien hoe daar by die basics gehou word en wonderlike gedig geskep word!
groete
tribalmoon
4 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 8 ure 14 minute oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar