Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stap uit buitentoe.
Binne bedompig en benoud.
Naglug is koel en koud, shoe!
Dit ruik so tussen bossies en woud.

Haal diep asem.
Blaas uit wit wasem.
Soos ‘n pot wat kook.
Kyk rond, waar is die spook?

Nee sy loop nie rond vannag.
Nee wat, verniet bedag.
Nou’s dit donker sonder maan.
Sterlig wat hierbo sit in ‘n baan.

Gekoepel in sy oer bestaan.
Vertel ‘n storie vir die maan.
Flits ‘n geheime kode.
Stuur ‘n boodskap aan die dode.

Geen lewende verstaan.
Wat die sterre kode beslaan.
Diep geheimenisse wat flits.
Van ruimte wesens se rondrits.

Nou, nou kom die volmaan op.
Steek sy gesig uit bokant die kop.
Loer rooi gesig deur boom se top.
Al wat spook is moet nou pasop.

Maan verlig die werf.
Sien alles in swart en wit.
Sou dit graag wou verf.
Laat ek liewer bid.

Dankie vir engele, vir asem.
Hul beskerm my wasem.
Dankie vir liefde en lewe.
Deur Skepper gegewe.
Amen.

12/05/2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie interessante gedig, om te sien waarheen jou gedagtes oral rondspring terwyl jy buite staan. Hou daarvan.
9 jaar 5 maande 3 dae 20 ure oud



Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar