Titel: Aanraking
Weergawe:
Aantal woorde: 183
Kere gelees: 7970
Datum gepubliseer: 22 Feb 2006
As ek aan myself vat
voel ek vrolik?
Of is dit ‘n herlewing as perversie
wat ek vroeër as liefde geken het
Jou aanraking word gemis
Soos reens in ‘n woestyn
Soos tietmelk vir ‘n kind
Waar lewe vroeër nie was nie
Die vuur in my moet doof
Die hout moet op
Eendag, eendag
sal iemand die vuur weer stook
Ons kan sade plant en vorentoe kyk
Praat oor wat gaan kom
Hoe mooi dit gaan wees
in die tuin van my luste
Maar wat ons geplant het
Het verewig wortel in my geskiet
Maar gaan onkruid word
tussen die nuwe liefde wat nou moet groei
Die reen het gekom
Die gevoel het gebly
Wat onkruid moes
Het bly aan oes
Ek bly die vrugte pluk
van ‘n vroëre geluk.
Sukses het my vandag besoek
Hoe alleen was dit nie
Opgewondenheid borrel
en niemand om dit mee te deel.
Hoe siek wil die lewe nie raak nie
Staan op, werk om beter te wees.
Ek en jy het gisteraand saam geslaap.
Maar jou gesig het my nie wakker gehou nie
Lees ander gedigte deur Willem Woes
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur die Posman
n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.