Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mensdom te vergas
karoo skalie verkrag
gas vetus vroeg gebore
mensdom te beskore
besoedel behepte mensdom
besoedel maagdelike aardkom
karoo soet heilige waterbron
water vetus in sy kanon

Is dit frakking nodig
iemand met geld oorbodig
wie, wie vind baat
ja, ja se verkragter staat
nee, nee se bewaarder bewustes
en soetwater ongerustes
tot hiertoe en nie verder
opdrag... die goeie Herder

Wie, wie stem saam
gee jou naam
wie, wie daarteen
gee dan jou mening



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Frakking
Ja, ek vertrou nie die proses nie. Ek kry die idee dat enigeen wat in diepte navorsing hieroor gedoen het, nie juis positief daaroor is nie. As mens hoor hoeveel van hierdie frakking punte in Amerika opgerig is...laat dit jou hare rys. Wat as dieselfde hier gebeur? Daar sal niks van die Karoo oorbly nie. Ek glo niks van die mooi praatjies deur die petrolreuse nie....agterna sit ons met die gemors
7 jaar 2 weke 3 dae 7 ure oud


Ano
Aardbreking
Geldhonger en geen liefde of begrip om die natuur te beskerm nie.
7 jaar 3 weke 4 dae 23 ure oud


Aardbreking
Sjoe, dis treffend hierdie, ja nee of dit goed gaan wees of sleg, die weet ons nie ne?
7 jaar 3 weke 5 dae 15 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar