Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog 'n groet... splinter blink in sy laaste sonlig,
nog 'n siel, verlaat sy identiteit uit die hede
en maak hom tuis tussen die niks
op sy eensame vlug.


Nou kruip swart winter nader...
en koggel-hop hier agter my,
fladder sy vlerke wild
teen my hart se skild
en lag sinies hier teen my kop.


Sit smart en wag soos aasvoël op 'n tak
wyl dood se voorbode “hoe-hoe” op die dak


Wag hy in die wind,
tot my hart tril in die labirint
van pyn
en
skyn
wonder...


Is dit ék,
wat die donker dra -
hang die voorbode om my nek?


Daar lê my gemoed weereens bloots -
vir aasvoël om te knaag tot-op-die been,
flenter skeur hy die ék
tot-op-die skeen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar