Gedigte

Titel: Addertroon
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Suis, sis, die groot agtergrondmusiek
Stemme duisend, tik-tik hier en daar
Dorre verbeelding tokkel die kantoorghitaar
Uiteinde is maar hier maar daar
Die eed van eendrag gesweer, ter diening van die Rand
Jy’s niks as ons jou nie kan verkoop
As standbeeld troon jy nie hier uit
Kromrug, sal jy saam met hul loop

Wikkel, woeker, werk, wonderos
Dirigente sissend uit die duister raadsaal
Lydend aan die profyte-kwaal
En net die regte politiek is sosiaal
Prospektus glad en blink, maar agter in die geraas
Steek dit skerp, steek dit kop uit
Eiebelang listig tot toorn van slawerny
Oor wonderos word nou anders gefluit

Lig, liggies, saggies waai die middagwind
Rustig, onheilspellend, gemoed aan’t taan
As kobra glibberig, giftig sy weg oor voete baan
Gelaai met andere se gloriewaan
Ineenverstrengel soos adders is daar vergader
Gevaarlik om nie die regte rug te aai
Uiteinde wás sy einde
Die adder nou in sy kop gedraai



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

addertroon
mooi woordbeelde hier gepen ... puik gedig
5 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


addertoon
Goeie beskrywings gebruik. Hou hiervan
5 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


addertoon
Pragtig
5 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


addertroon
WOW!!! Dis n baie goeie gedig.
5 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
5 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar