Gedigte

Titel: AFRIKA
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


(’n Epiloog vir my boek, Vreemdeling)

Afrika, ons vasteland en ons vader,
jou kinders van vele tale en baie lande
word skandelik ontredder en verraai,
ongeag hul herkoms en familiebande.

Van noord tot suid is daar armoed,
ook hongersnood en kinderdood.
Is dit dan so moeilik om hul te voed,
hulle vra maar net ’n stukkie brood!

Wat van oproerigheid en broedermoord,
van etniese oorloë op die vasteland?
Hoor tog die sugte en sien die trane 
oor al die bloed en grafte in die sand!

Konings, presidente en diktators
minag en vertrap geregtigheid.
Korrupsie en selfverryking is alledaags
en nimmer is hulle daaroor spyt!

Afrika, ons vader en ons voog,
hoor jou kinders ween en weeklag.
Kyk na die stroom van emigrante
op hulle pad na ’n ander land en vlag.

As knegte en as slawe van ander volke
word ons oor die aardbol heen verstrooi!
As vreemdelinge in die vreemde
word jou kinders onteer en weggegooi!

Vader Afrika, wanneer tog sal dit alles eindig
sodat ons weer kan werk en bou,
respek kan hê vir mekaar se tale en tradisies,
kan saamstaan,  glo en vertrou?

               








MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afrika
Sjoe Piet, hierdie ruk en pluk en skeur my hart!!
Ek kan my voorstel hoeveel werk het hierin gegaan, want dis 'n puik puik gedig!!!
3 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


Afrika
puik verwoorde gedig oor n baie hartseer saak ... ja ons lewe in n baie lelike tyd en omstandighede...
3 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


Afrika
Ja, dis 'n hartseer saak, baie goeie gedig.
3 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


AFRIKA

Deesdae is dit 'n wêreld probleem.
3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Afrika
Baie mooi gedig oor ons Afrika. Dis so jammer dat hy so baie en sulke groot probleme het. Ek vra ook die vraag wat jy in jou laaste strofe opper..
3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


Afrika
Lê hierdie vraag van jou nie onomwonde op ieder se lippe? Dankie vir die deel. Mooi neergepen.
3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar