Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Herinneringe voer my terug
na ‘n tyd toe ek nog jonk was,
‘n onskuldige tyd,
onwetend en onskuldig
van ‘n moeder se stryd.

My wete gevul met verbeeldingswerke,
Kleurvolle gediertes wat die werklikheid was,
Stille-stille nagte,
helder en vrolike dae,
veilig beskerm deur die gluur van ‘n ma.

‘n Knal pluk my terug na die tyd van vandag,
met onsekerheid gevul en die satan se lag,
sonop tot saans,
week in en week uit,
my siel baklei daagliks teen ‘n moeder se stryd.

Soos ‘n swaard tref die pyn,
emosies oop geskeur,
die skeur, skeur nog verder,
ek sien my moeder se gees,
haar emosies en siel wat verweer.

Van ver af staan ek,
en staar ek na haar,
my oe vol verlange,
my keel toe geknop,
my hart stukkend en swaar.

Op haar knieë staan my moeder,
met haat en korrupsie word sy verkrag,
my voorvaarders se bloed besmet,
die liefde wat ek ken verwoes,
deur my broers van vandag.

Generasies se grafte,
hou my aan my moeder gebind,
deur my are vloei haar bloed,
die bloed van Afrika,
Ek, is ‘n Afrika kind!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Piet Magriet het my gelei tot hierdie wonderstuk skryfwerk.. Knap gedaan. Ek dink dit is ontsaglik mooi.

Sal dit weer en weer lees

(,")
11 jaar 11 maande 1 week 6 ure oud


Drie hoera's vir jou BoomBas. Dit is werklik 'n pragtige verbeelding van ons land Afrika.
Jy slaag goed daarin om dit op 'n gevoelvolle manier weer te gee.
Applous vir jou.
Groot groete,
PM
12 jaar 2 weke 1 dag 15 ure oud


Afrika Kind
Jy slaag daarin om diep emosies pragtig te verwoord. Dis baie treffend. Dankie vir mooi woorde.
12 jaar 2 weke 1 dag 16 ure oud


afrika kind
Goeie gedig met baie diep en rou emosies. -S
12 jaar 2 weke 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar