Gedigte

Titel: Afskeid

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my krom woorde
krummel
op tot
stof

eggo hol in my
pyn
en
verdwyn

jy skryf soet woorde
in jou brief,
my lief
en ek
smelt

soos duiwe uit die blou
skud gedagtes oop oor jou

salf skugter,
soen
my mond

strompel stukkend op
tot daar
waar

die hart
se honger holte
klop



Kommentaar

Het hom op 'n manier gemis...
Baie mooi. Hy tref hard, net daar waar hy moet...
2 jaar 10 maande 2 dae 22 ure 47 minute oud


def 'n gunsteling van my!
Ek het werklik gedink dat jou gedig no een by die kompetisie gaan uitstap - maar dan hoe objectief kan ek werklik wees oor 'n gedig wat my hart so kom tref het!

Hierdie gedig tref my elke keer wat ek dit lees, en glo my ek
het dit nou al meer as 100 keer gelees,
def by my gunstelinge en kom lees ek weer.

mooi gedig!
diep gedig!
3 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 7 ure 14 minute oud


Tien uit tien, Sussa! xx
3 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 4 ure 34 minute oud


Besonders mooi.
3 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 19 ure 52 minute oud


Dis prentjiemooi!
3 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 23 ure 21 minute oud


So besonders. Definitief 'n gunsteling.
3 jaar 1 maand 3 weke 4 ure 54 minute oud


Jou werk is altyd so sterk en terselfdertyd verstommend sag! Pragtig, soos altyd!
3 jaar 1 maand 3 weke 9 ure 11 minute oud


Sjoe sussa, ek het nie woorde oor hierdie vers nie. Behalwe om te se dit roer mens diep binnekant. Dis soooo mooi. Groete. A
3 jaar 1 maand 3 weke 10 ure 24 minute oud


Wonder vir wie is dit geskryf? Pragtige gedig Sussa!
Robelle
3 jaar 1 maand 3 weke 12 ure 23 minute oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar