Gedigte

Titel: AFSKEID
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Onder die môrester
en die Suiderkruis,
ek en jy alleen
net buite die huis.

Die buurt is rustig
en swanger van slaap.
Ons harte is swaar,
want jy gaan na die Kaap.

Dit was soos ’n droom,
maar ons tyd is verby.
Jy wil nie gaan
en ek wil nie bly.

Die winter is koud
en die nag is stil.
Ons mag nie kla nie,
dis die Heer se wil.

’n Laaste aanraking
van vingers en mond.
Die seer van afskeid
is rou soos ’n wond.

’n Motor se dreuning
sterf weg in die nag.
Die toekoms sal leer
wat nog op ons wag.




MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afskeid
Die eenvoud van hierdie gedig is treffend! Jy kry dit reg om sonder groot woorde, rou emosie te beskryf.
6 jaar 1 maand 1 week 2 dae 15 ure oud


afskeid
Aai
6 jaar 1 maand 1 week 3 dae 4 ure oud


afskeid
In die kol!
6 jaar 1 maand 1 week 3 dae 5 ure oud


=(
Ken daardie gevoel... mooi geskryf
6 jaar 1 maand 1 week 3 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar