Gedigte

Titel: Afskeid
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jy nie hier is nie onthou ek jou ,
en as ek jou nie onthou nie is ek by jou
terwyl dit my so seer maak hoe dit is
dat net ek vir jou lief is .
Oral op is jou naam maar net in potlood geskryf ,
die grys mis van my gedagtes wat my tot by jou dryf .
As ek jou aan raak weet ek dat dit al is wat ek vashou
terwyl ek langs jou staan voor God en huil en die mooiste troues met jou trou .
Eintlik wil ek net sê : ek onthou jou ,
lank na ek nie meer ek en niks meer dieselfde sal wees nie
sal ek jou onthou

Ek mis jou of dit bly of hartseer gaan ,
of ek voor n reënboog of n graf staan ,
verlang ek , want ek is n kind wat glo dat geloof
Ee-yor van Winnie the Pooh is wat vir die liggies in die Hemel kyk
en hulle kleure sien al is diere kleur blind
net oor dit is hoe die Hemel lyk ,
en oor ek jou daar by God sal vind

Ek soek jou terwyl ek in Kwaggasrand in Middel Straat loop verby Hans Moolman Park ,
en wens jy wil terug kom en ons kan weer speel op die klimraam-ark .
Ek soek jou terwyl ek in Lys straat op verby Mobil stap verby die songloed
tot in Inner Straat en tot in die leë hoekhuis soek ek jou hand in my hand
om nie bang te wees vir die geel heks van Gifappeltjie land
wat die ‘ Sondagaand-roereiers-en-tamatiesous-toebroodjies ’ rooi en geel maan is oor die leë huis in die aand nie .
Maar my hand is leeg sonder jou hand ,
en ek teken net vir my waar ek langs die leë huis staan
met vetkryt op papier wat my ma huis toe gebring het elke einde van die maand .
Elke ruit is traanblou in vensters waardeur die lewe aangaan ,
en die deur is n bruin mond waaragter n TV jou naam sê
terwyl ek voor die beeld met my bene opgetrek met my wang op my knieë lê

Dit wys Steve Austin die Bioniese man
en n Jungle Oats advertensie met Pot O’ Gold stroop nog in n goue kan
terwyl jy in die karretjie ry wat ek speel
en elke keer as iets moet gebeur begin ek met en toe...en toe...en toe :
en toe kon ek die ongeluk op die handgemaakte mat straat keer
en ek kon jou nog daar uit haal uit die seer
en optel teen jou vrees
en weg vat en vir jou slaaptyd sprokies gaan lees
in my leë kamer waardeur my lewe deur die ruite van die traanvenster aangaan
onder die ‘ Sondagaand-roereiers-en-tamatiesous ’ geel en rooi maan .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar