Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Pa kom wys jý vir my
die pad wat my voet moet volg
jy kla ek stap ’n vreemde pad
’n rigting wat lei na nêrens
met geen aanwysers.

Kom, kom stap dan voor
ek sal maar in jou spore volg
maar op jou pad:
wil ek nie meer huil
of struikel nie
ek wil nie honger loop
of eensaam wees nie
ek stap alreeds te lank alleen.

Kom, stap pa dan voor
wys tog maar vir my pa se pad
aangesien pa so aanhoudend kla
sal ek maar pa se pad probeer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pa
Moet darem rigting wys...hy moet net nie oorvat nie...hehe. mooi bydrae, Bets
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


ag pa
goed geskryf.... ja ons as ouers wil tog so graago ns verlore drome in ons kinders sien leef.. soms met hartverkeurende gevolge!!!
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


.
,,, en ek?
Ek glimlag.

goed geskryf.
5 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 4 ure oud


Ag tog
Ongelukkig kan niemand ons loop vir ons loop nie, elke mens maak sy eie keuses. Treffende gedig, wat aan moedeloosheid grens, hierdie uitspreek van jou vriendin.
5 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


pa
wens ek kan hierdie gedig vir elke pa in die land wys Dankie Bets
5 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 10 ure oud


En ...
ongelukkig gebeur dit so baie vandag. Baie goed gedoen, Bets!
5 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar