Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Agter dood se gordyn


My hart is nie net ‘n windstil stukkie veld
waarin ons lag en huil
soos gister se stof
sonder enige lof
kan gaan lê

Net soos my lippe
daarna verlang om
jou naam te sê

So verlang ek na jou
en na lewe soos dit was
voor dit so...
sonder dat die son kon blik
of die maan kon bloos,
sonder enige applous,
net woordeloos
kon verdwyn
agter die
gordyn
van
dood


~©KVDM



Foto: Julie de Waroquier



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dood
Niks so erg soos die dood van ware liefde. Ek voel die pyn. Daar is egter altyd weer die geboorte van nuwe liefde.
7 jaar 6 dae oud


Agter dood se gordyn
Dis n hartseer end, sommer net so is alles verby en die stilte is al wat oorbly. Baie goed.
7 jaar 1 week 2 dae 10 ure oud


Gordyn
Uitsonderlike werk Karen
7 jaar 1 week 5 dae oud


***
Regtig uitsonderlik -- ook die tipografie in die laaste strofe.
7 jaar 1 week 5 dae 3 ure oud


Pragtige vers!
7 jaar 1 week 5 dae 7 ure oud


Uitmuntend...
ek ervaar daardie pyn saam met jou in hierdie woorde.
7 jaar 1 week 5 dae 8 ure oud


Dood
Dis baie goed beskryf, Die lewensloop en dan die dood...
Dis diep en goed gedig.
7 jaar 1 week 5 dae 10 ure oud


Dood
Oeee jinnekie, dis goed, dis treffend, dis diep!

Veral:

My hart is nie net ‘n windstil stukkie veld
waarin ons lag en huil
soos gister se stof
sonder enige lof
kan gaan lê
7 jaar 1 week 5 dae 11 ure oud


die weervoorspelling
n Besonderse vers.
in geheel.
bewoording,vloei,ritme...
al.
een van jou heel bestes.
7 jaar 1 week 5 dae 12 ure oud


Agter dood se gordyn
Sjoe Karin, ek sit nou hier met trane in my oë. Jou gedig trek mens in met 'n soort van belklemming...sodat ek my asem agterna lank en stadig moes uitblaas!

Jy ís nou maar net báie goed met woorde!
7 jaar 1 week 5 dae 12 ure oud


DOOD
Hartseer en met deernis neergepen. Knap gedaan.
7 jaar 1 week 5 dae 13 ure oud


Dood se gordyn
Dis so 'n skielike vertrek.....eks jammer...
7 jaar 1 week 5 dae 13 ure oud


Doodsgordyn
Ja.
Jy het dit baie treffend verwoord.
Daar is nie iets om dit te vesag nie, net miskien tyd...
Goed geskryf.
7 jaar 1 week 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar