Gedigte

Titel: Agtien
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


vier lange maande al
in hierdie Goddelose plek
waar niemand heengaan of sterf nie
maar bloot net vrek

ek is siek en sat
vir wat eers mens was
in dof grynsende bondels
langs die pad

ek is siek en sat
vir opkyk en vra
hoe lank O Heer
gaan u dit nog verdra

ek is siek en sat
vir joernaliste se vals empatie
gewetenlose aanstigters van vure
brandsiek kamera karikature

die klewerige klank
van verdriet en verweer
bring ek saam
as ek terugkeer

ek wil nie dans
of braai
of erens heen gaan nie
en moet nie se- jy verstaan nie

ek wil jou lyf gebruik
om myself woordeloos uit te stort
jou onkunde en skoonheid absorbeer
om van voor te vind wat ek kort



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie goeie gedig!
8 jaar 7 maande 1 week 4 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar