Gedigte

Titel: Ai, die lewe

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wens in die een hand
En tjorts in die ander
Hoop maar vir geen more
Wanneer gister jou in die rug ry
Verbeel jou jy’s agter maskers
As jou masker soos glas lyk
Ontsnap in die voordeel van geluk
En word gevang deur ‘n sif
Glo in die mag van dobbel
En vreet die brood se dorre krummel
Vaar al langs ‘n kloof kurwe
Waar die hoogste winde waai
Skuil agter mag op die 13de vloer
En val van die stoel af
Eet kaviaar en bloed rooi wyn
Wanneer jy verstik in die bottel se prys
Loop maar met jou neus in die lug
Want glo my
Die voëltjies gaan tjorts



Kommentaar

Ai, die lewe
Klink na 'n opdraande stryd, AC.
6 maande 1 week 6 dae 18 ure 12 minute oud


kaviaar en bloed rooi wyn
. . . het dit die maag of die lewe ontstel?
6 maande 2 weke 2 dae 6 ure 31 minute oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar