Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien nie meer blou

voel dit in elke stegie van my siel:
geen naam,
net 'n niks -
bloubek
aan te veel duwweltjies gesluk

eens was daar

bloureëntooisel-woorde,
n i m m e r e i n d i g e n d e spore
en somerspanspek-lag se geur
in elke plooitjie vertak

nou net

blikkitaarklanke,
vals akkoordverwante:
'n bohémien sonder swerfgrond,
sonder droom
- opgehang soos laksmanvleis aan 'n

blouhaakboom.




(Die akkoordprogressie van blues-musiek is baie kenmerkend en verloop as volg: akkoorde 1;5;1;4;1;5;1)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

!
Dis waar jy kan!
5 jaar 6 maande 6 dae 13 ure oud


***
Carla, jy KAN!! Maggies dis puik!!!!
6 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


Akkoord...
Het dit geniet, Carla...puik verwoord!!!
6 jaar 3 maande 4 weke 15 ure oud


Kommentaar
Heelwat sterk beelde en woorde wat my aangryp. Goed geskryf.
6 jaar 3 maande 4 weke 16 ure oud


Blues
Ek wens daar sal altyd wees:



bloureëntooisel-woorde,
n i m m e r e i n d i g e n d e spore
en somerspanspek-lag se geur
in elke plooitjie vertak

Dis absoluut onbeskryflik mooi!!
6 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


Die blues
Dit is n blou sonder n klou aan die hart, net n blik vol hol note. Goed geskryf.
6 jaar 4 maande 18 ure oud


die weervoorspelling
Oorspronklike titel.
n Vers met BAIE potensiaal....
MAAR: ek dink die een kort nog DINKwerk&SKAAFwerk.

Wat my huidiglik pla:

1)voel dit in elke stegie van my siel:
geen naam,
net 'n niks -
bloubek>die reel doen dit net glad nie vir my nie.Dit spoil eintlik die hele vers....dis net so onoorspronklik(terwyl die res van die vers meestal met heel oorspronklike beelde getooi is)....
..dit lyk sommet amateuragtig(dit terwyl jy baie beter dig as n amateur).....

3)nou net
>>in konteks is dit net onvolledig.En te kortaf.(so asof die digter lui geraak het hier.....)
>dink:nou is daar net
6 jaar 4 maande 20 ure oud


Net die blues
Behalwe dat jou gedig heeltemal tereg negatiewe kommentaar lewer oor die huidige tendense waar die invloed van rhythm and blues die genre verbaster, is die klankskoonheid van jou woorde, die toon en ritme meevoerend.

Dit herinner my aan Ernst van Heerden se inleidende vers in 'Verklaarde nag.'

....teen die basviool se swart suilery
krul fynerig die fluit se rooi
en dun rank van die vrees...

Knap gedaan.
6 jaar 4 maande 23 ure oud


Blues
Dis pragtig, Carla, ek hou baie hiervan :)
6 jaar 4 maande 1 dag oud


Blues
Uitsonderlike beskrywings gebruik.
6 jaar 4 maande 1 dag oud


!
" The world was on fire
and no one could save me but you
It's strange what desire
will make foolish people do
I'd never dreamed that I'd meet somebody like you
I'd never dreamed that I'd lose somebody like you.."

Die woorde uit "Wicked games" van Chris Isaak.
Die gepaardgaande kitaarklank is genoeg om enige een se hart aan die blouhaakboom te hang...indien nie, het jy nie 'n hart nie..
(dink ekke)
Baie goeie gedig wat die melancholie van blues musiek raak beskryf.
6 jaar 4 maande 1 dag 6 ure oud


Blou
Puik... gee mens n totaal ander denkrigting oor blou .. goed gedoen Carla
6 jaar 4 maande 1 dag 7 ure oud


Blues
Pragtig Carla...dis soos 'n Klein kunswerkie van uitstaande gehalte..
6 jaar 4 maande 1 dag 9 ure oud


Weer ek ...
'n bohémien sonder swerfgrond [Briljant Verwoord!]
6 jaar 4 maande 1 dag 10 ure oud


---
Ek stem heelhartige saam met Karmenaadjie .. volpunte vir woord`gebruik, beelde en uitleg!

Jy's heeltemal reg, vandag se blues het nie meer daai "hollow" temerige tranerige klank & gevoel nie.
6 jaar 4 maande 1 dag 11 ure oud


Blues
Ek is ook nie 'n Bleus mens nie, maar hierdie gedig is regtig mooi beskrywend. Ek het dit selfs geniet. Mooi geskryf Carla
6 jaar 4 maande 1 dag 11 ure oud


....Bleus
Ja - nee eks ok nou nie 'n blous ous nie. By my net een blou en dit is gewoonlik 'n blou Maandag en dit haat ek ook soos gif en doepa. Ek was baie liewer vir my oorle skoonma as vir bleus. Wil ok die blou ophang in di haak en steek of doring boom, veral as dit 'n blou maandag is. ha ha.
6 jaar 4 maande 1 dag 11 ure oud


Bleus...
gaan ophang aan die blouhaakboom...waauw! Daar waar dit hoort en moet bly. PRAGTIG!
6 jaar 4 maande 1 dag 11 ure oud


Blou
Wow, skitterende beelde, woordgebruik en uitleg!

En so hang ek aan jou woorde!
6 jaar 4 maande 1 dag 11 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar