Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In my bolwerkbestaan
is my woorde maar platvloersdom
tog, as, (oor jou)
my hart bestek opneem
is dit of my bloed
uit al sy aarvernouings kom
word die liefde oseane se aandryf
wat my siel skuimend ontstom
as ek gesigseinders blinkvryf
tot prismas van reën en son

Ja, in my hart se kom en gaan
is my liefde maar hakkelmank
maar al agter my vulpen aan
word dit leane
wat groot bosreuse omrank
dra ek (oor jou malse naaktheid)
as plengoffer voor 'n minnevers
onder die skewebeksmile van die afloermaan
se wasdrupkers

In my bolwerkbestaan
breek daar deur ou dennenaalde,
 paddastoelwoorde
wat net blinkvlerk-nimfe
alleen, kan verstaan

Kan jy?
.....................................

©Elizabeth Greef - 15/01/2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
seker grens dit aan digkuns.
Maar eks mos nie vir die oormatige gebruik van ongewone/vreemde woorde in een vers nie...(pasop vir overdone/overcooked)
(so dit pla my bq..).....
maar dalk vir n fynproewer,is dit digkuns.

ek dink normaalweg in so tipe vers,sou die 'Kan jy?' aan die einde pas.
Maar in die een dink ek jy moet dit uitlos.

JOu beelde is beautiful(ten spite van die 'te veel' ongewone woorde.
4 jaar 2 maande 2 weke 21 ure oud


Vulpen
Daar is net een woord - UITSTEKEND!
4 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Al agter my vulpen aan

Karmanaadjie, hier spog jy mos skaamteloos met oordadigheid van gawe mens! Doodeenvoudig net te pragtig en 'n aanhoudende heerlikheid om te lees en te lees! Puik!
4 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


JIP!
Ek dink ek verstaan . . . al is die woorde nie vir mý geskryf nie.

Waauw! 3x My kniebuiging vir jou . . .

*leane = lane?
4 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


pen
WOW! Dis sommer puik very. Welgedaan!
4 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


vulpen
Elizabeth ek is mal hieroor
4 jaar 2 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar