Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nêrens kan ek sonder jou gaan,
jy bly my ewig by,
Wanneer ek dit die minste verwag,
Kom jy ongenooid op 'n gedagte aangery.

Jy oorheers my drome,
Gryp orals my hand,
Maak die mooiste beloftes -
Net ek en jy in 'n verre land

Jy druk my vas in elke hoekie,
Soek my om elke draai,
Selfs as ek sit en niksdoen,
Laat jy my deur jou album van herinnering blaai.

"Wyk uit my lewe!" wil ek vir jou sê,
Maar wat sal dit tog baat,
As ek dan die onnosele een is,
Wat telkens die deur vir jou oop laat!

Copyright ©2005 Celeste Herman



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar